'n Spuitstuk is 'n toestel wat ontwerp is om die rigting of eienskappe van 'n vloeistof vloei te beheer (veral om snelheid te verhoog) as dit uit (of in) 'n ingeslote kamer of pyp gaan.
'n Spuitstuk is dikwels 'n pyp of buis van wisselende deursnitarea. Dit word dikwels gebruik om die vloeitempo, spoed, rigting, massa, vorm, en/of die druk van die stroom wat daaruit gaan te beheer. In 'n spuitstuk verhoog die snelheid van die vloeistof ten koste van sy drukenergie volgens die Bernoulli-beginsel.
Berekeninge
Bereken die drukval deur 'n spuitstuk.
Die formule vir 'n spuitstuk word soos volg gegee:

Simbool |
Beskrywing |
Britse eenhede |
Standaard eenhede
|
|
Drukval oor spuitstuk
|
duim vloeistof
|
meter vloeistof
|
|
Konstante
|
0.34 duim.s2/vt2
|
0.09296 s/m
|
|
Snelheid deur spuitstuk
|
vt/s
|
m/s
|
Hierdie formule geld slegs in die volgende twee gevalle:
- Wanneer die viskositeit laer as 5 of 10 cP is (soos bv warm heuning). Water se viskositeit is 1 cP by 21 °C.
- Wanneer die snelheid van die vloeier opstroom baie laer is as die snelheid deur die spuitstuk. Indien dit nie die geval is nie, dan dit gekorrigeer word deur die Bernoulli-beginsel.
Omskakeling van konstante
Die volgende wys hoe 'n mens die konstante van 0.34 in Britse eenhede omskakel na standaardeenhede:

![{\displaystyle [duim]=0.34\times [vt/s]^{2}}](https://wikimedia.org/api/rest_v1/media/math/render/svg/f92e79197d5ec420aba322b4a5cee48d445fca36)
![{\displaystyle 0.34{\frac {duim.s^{2}}{vt^{2}}}=0.34\left[{\frac {duim.s^{2}}{vt^{2}}}\right]\times \left[{\frac {0.0254m}{duim}}\right]\times \left[{\frac {ft}{0.3048m}}\right]=0.09296{\frac {s}{m}}}](https://wikimedia.org/api/rest_v1/media/math/render/svg/929a099d22d3b2a21d6462dd3f26162ab0158362)